Voorblad_1 

 

 

Om volwaardig mens te wees, beteken om ‘n besondere lewenstaakte volbring, om ‘n eie, afsonderlike roeping te vervul

Op 24 Maart 1961 kom daar sulke volwaardige mense byeen en die Voortrekkers Unika word gestig. Die uitdagings toe het nie veel verskil van wat vandag ervaar word nie. Die kommando het klein begin en deur al die fases van groei gegaan om vandag ‘n bakermat in die gemeenskap te wees waar jeug en volwassene ‘n besondere lewenstaak volbring.

Wat maak  die Voortrekkers Unika so spesiaal? Is dit sy jeuglede wat met passie die onbekende pioneer, is dit sy offisiere wat volhard in hul diens, is dit die ouers wat alles in hul vermoë doen of is dit die gemeenskap wat ondersteun?

Wat dit nie is nie:

Maar tussen hakkies wil ek net dit opmerk: baie van ons voorouers het stoomharte by die ossewaens gehad: baie van ons het remskoenharte by die stoomwaens”  CJ Langenhoven

Dit is die dinamiese somtotaal van elke komponent (jeuglede, offisiere, ouers en gemeenskap) wat groter is as elke afsonderlike komponent.

In die Voortrekkers Unika bepaal ons Christenskap hoe ons ons Afrikanerskap uitleef as positiewe Burgers van ‘n pragtige land. Jy’t ‘n wonderlike kans om jou deel by te dra tot die opbou van ons wonderlike land deur die geleenthede wat gebied word  om nuwe dinge te ervaar, nuwe plekke te besigtig, nuwe vriendskappe te smee, méér avontuur te beleef, jouself beter te verstaan, meer doelgerig te wees in die lewe en ons land en sy natuur beter te leer ken.

 Is jy die ABC-individu wat volwaardig mens wil wees, dan is die Voortrekkers Unika daardie basis vir jou!

Geniet jou kuier by Ons!

Johan Laubscher
Kommandoleier


Altyd ‘n Voortrekker!