Vories is die enigste spanaktiwiteit waarvoor jou kind nie gekies hoef te word om aanvaar te word nie.

Ons bied jou kind die geleentheid om:
• Avontuur in die natuur te beleef,  

• Te leer van ons modern Afrikanerskap,  

• Praktiese Christenskap te ervaar, en

• Pret te he met hul spanmaats.  

As ouer is dit meer belangrik om te weet dat Voortrekkers:

• Jou kind toerus met 'n ABC - Afrikanerskap, Burgerskap en konsekwente Christenskap.  

• Kritiese vaardighede vir die besigheidswêreld van môre.

• As skoolvennoot, jou kind prakties laat in-oefen wat op skool geleer word.

• Jou as ouer nooi om betrokke te wees

• Jou kind se selfvertroue ontwikkel deur hulle veilig bloot te stel aan onvergeetlike ervarings.  


Byeenkomste:

Span byeenkomste word gereël / gedagboek in 'n span jaarplan om beide die offisier en jou kind se program sover moontlik te akkommodeer. Vir meer inligting kontak: bemarking@unikavories.org.za

Die Jaarprogram vir Unika Vories is beskikbaar op die "Jaarprogram" skakel links.